18 dae gelede
Met kontrakwerk kan ouens dite op tafel sit
BAIE HAPPY: Die manne meen dié job het vir hulle soos manna uit die hemel gekom. Foto: Basil Davids  ~ 

ROBERTSON. – Voorheen werklose daddies smile breed oor die government vir hulle werk geskep het.

Sowat 30 opgewonde manne het elk ’n jaarkontrak los­geslaan.

Die job behels die paving van strate in woongebiede waar daar al amper vier dekades geen geteerde strate was nie.

Volgens die opgewonde ouens is hulle baie bly oor die job wat hulle gekry het.

Hulle is dankbaar dat hulle nou weer elke aand ’n dite op die tafel kan sit.

Cecil Maart sê hy het nog nooit in sy lewe gewerk nie.

“Ek het elke dag op die hoeke van strate gesit en ­bedel,” vertel Maart.

Volgens hom het hy nie ’n vrou of kinders nie en het hy nooit geworry nie en net gesorg dat hy homself elke dag uitgesort hou.

Willem Baadjies, nog ’n werker, sê: “Ek het die wêreld vol kinders en ek was al vir non-support in die hof gewees.”

Verleng

Baadjies sê noudat hy werk, hardloop sy ekse omtrent agter hom aan vir ’n blink ding.

“Ek kyk nou mooi na my kinders en hoop dat die kontrak verleng sal word,” voeg Baadjies by.

Die werkers wil die government bedank wat so mooi na hulle gekyk het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters