5 dae gelede
Mentor soek net ’n kans
gee kans: Die president van die Democratic Association of Witzenberg Independents (Dawi), Mark Mentor, sê hy kan ’n verskil in die Witzenberg-munisipaliteit se raad maak. FOTO VERSKAF  ~ 

PASOP vir sopkombuis-politicians.

Só sê Mark Mentor, president van die Ceres-gebaseerde Democratic Association of Witzenberg Independents (Dawi).

Die uitgesproke Mentor vra dat kiesers in dié omgewing hom ’n kans moet gee om in die Witzenberg-munisipaliteit se raad te dien.

Mentor, wat ook ’n voorsitter van die Ceres-GPF is, sê mense moet oppas vir politicians wat nooit voorheen in die gemeenskap gewerk het nie, maar nou aan die vooraand van die munisipale verkiesing opduik.

Mentor sê: “Mense moet nie hul stemme mors op mense wat nou voor die elections opduik nie.

“Ek praat van dié politi­cians wat nou inwoners se stemme soek.

Sampioene

“Elkeen van hulle maak nou sopkombuise oop. Mense moet oppas vir dié soup kitchen politicians.

“Stemmers moet nie toelaat dat hulle deur sulke mense om die bos gelei word nie.

“Die mense wat nou soos sampioene opkom... Moenie vir hulle stem nie.

“Dié mense dink hulle gaan stemme kry net omdat hulle sop uitdeel.

“Gemeenskapswerk is meer as net sop uitdeel.

“Daar is baie meer kwessies soos werkloosheid wat nie net deur sopkombuise opgelos gaan word nie.”

Mentor is Dawi se burgemeesterskandidaat in die Witzenberg-munisipaliteit.

Hy sê hy wil nie baie beloftes maak nie.

Maar hy is gou om te sê as hy gekies word, sal hy voortgaan om sy gemeenskap te dien nes hy al die jare doen.

Makliker

Volgens hom is werkskepping een van die grootste uitdagings wat nou getakel moet word.

Mentor is van mening die raad moet dit makliker maak vir maatskappye om na die area te kom en fabrieke oop te maak.

Dít sodat daar werksgeleenthede regdeur die jaar is en nie net tydens die ses maande van oestyd nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters