Verlede maand
Mense moerig oor ‘pedo cop’
PRAAT UIT: Dié antie voel daar moet iets aan die saak gedoen word voordat nog kids in die gemeenskap deurloop.  ~ Peter Abrahams

FRANSCHHOEK. – Dit is ’n storie wat die nekhare van elke ouer sonder self-raising flour sal laat rys.

’n Ma hier sê ’n cop het haar twee dogters swanger gemaak – albei in hul tienerjare...

Baie sou dink hierdie is sommer net ’n resep vir ’n cheap movie.

Maar die realiteit is dat dié nagmerrie hom regtigwaar in dié Bolandse dorp afspeel.

Die ma word self van kinderverwaarlosing aangekla omdat sy na bewering toegelaat het dat die spulse polisieman haar minderjarige dogter (14) swanger maak.

Sy is onlangs toegesluit en het twee weke in die Worces­ter-gevangenis deurgebring.

Antie

Bekommerde lede van die gemeenskap het besluit om maatskaplike dienste in te roep omdat die betrokke polisieman, wat by die Franschhoek-polisiestasie gestasioneer is, ook reeds twee kinders by die minderjarige meisie se suster verwek het.

Volgens ’n gemeenskapslid was die meisie se suster ook 14 jaar oud toe hy haar jare gelede swanger gemaak het.

Die antie sê hulle het besluit om nou op te tree omdat die cop die vorige keer niks oorgekom het nie.

Die antie vertel: “Ek het ook kinders en kleinkinders. Môre kan dit dalk een van mý kinders wees!

“Hier is reeds ’n klomp leeglêers en later doen hulle dit met ons kinders.

“Hier is klaar so ’n klomp van hierdie gevalle. Dan kom die ouens net en stop die ouers geld in om stil te bly.

“Dis hoekom ek besluit het om self die maatskaplike werker te kontak.

“Toe ek hulle bel, het hulle gesê hulle is reeds besig om die saak te ondersoek omdat hulle dieselfde klagte van iemand anders ontvang het.”

Volgens die antie het die minder­jarige meisie laas jaar saam met die polisieman in die polisie se barakke in Fransch­hoek gebly en daar is agterna gesien sy is swanger.

Nog ’n bekommerde gemeenskapslid wat anoniem wil bly, sê aan Son mense is gatvol en weet nie hoe om die saak oop te maak nie.

Sy sê dis hoekom sy twee weke gelede besluit het om iets aan die saak te doen.

Sy sê: “Ons was ’n groepie wat die stasiebevelvoerder gaan sien en ondervra het.

“Die bottom line is – dié ou het sy slagoffers geïdentifiseer omdat hy ’n pedofiel is. Hy het so ’n siekte en neiging in hom om kinders te kry en seks met hulle te hê. Hy’s niks anders as ’n pedofiel nie.

“Die hele wêreld weet van die 14-jarige meisie se suster wat hy ’n paar jaar gelede twee keer swanger gemaak het.

“Nou is hy in die weer met die suster.”

Son het die meisie se antie genader wat tans na die cop se twee kids kyk en in wie se sorg die 14-jarige meisie ook geplaas is.

Betaal

Haar reaksie was: “Ek weet wie die mense is wat dié goed praat. Hul moer! Hulle moet nie k*k soek nie.

“Die polisieman se kinders bly al vyf jaar by my en hy betaal my. En die meisiekind bly ook nie by my nie, maar by haar ma.”

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, bevestig die Wes-Kaapse polisie het ’n interne dissiplinêre verhoorproses begin. “Die Stellenbosch FCS-eenheid ondersoek ’n strafregtelike saak teen die individu.

“Omdat die saak verband hou met ’n beweerde seksuele oortreding teen ’n minderjarige, word geen name in dié stadium bekend gemaak nie.

Layla Isaacs, maatskaplike werker van die ACVV, het ook bevestig hulle het ’n klagte oor die verkragting ontvang. Dit is na die maatskaplike dienste in die Paarl verwys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters