10 dae gelede
Mense is moeg vir morsjorse
’N HOOP GEMORS: Danny September sê die vullis kan nie langer geduld word nie.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Inwoners van Scaifiestraat braak gal oor ander mense wat hul vullis in hul woonbuurt kom neersmyt.

Selfs dooie honde en katte kry hier hul laaste rusplek.

Die ongelukkige mense sê die vullis lê vanaf Krismis al hier en elke dag kom stort mense nóg vullis.

Sarel Baadjies woon ’n klipgooi van die hope vullis.

Bakleiery

“Ek kan skaars my deur oopmaak, dan kom daai stink reuk tot in my kombuis,” sê Baadjies met ’n neusoptrek.

Triena Wagenaar sê haar air freshener hou nie.

“Ek koop elke maand omtrent 10 blikke air freshen­er, maar dit hou nie.

“Ek en die ander mense is nou al gatvol van die ander mense wat hul gemors hier kom neersmyt,” voeg Wagenaar warm onder die kraag by.

Woensdag het mense weer vullis kom dump.

’n Inwoner het die persoon gekonfronteer en ’n bakleiery het byna ontstaan.

Bakleiery

’n Ander ou moes toe net keer dat die manne mekaar met die vuiste bykom.

Volgens die inwoners vra hulle mense baie mooi om nie meer hul gemors hier te kom stort nie.

Danny September, ’n gewese munisipale raadslid, sê hy gaan ’n meeting reël met die speaker, Paula Hess, en vra dat sy moet toesien dat die vullis onmiddellik verwyder word.

September sê hy gaan ook baie mooi vra dat ’n kennisgewing aangebring word dat storting in hierdie area verbode is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters