16 dae gelede
Meisies pleeg selfmoord 2 dae uitmekaar
jade gouws
Jade Gouws  ~ 

TWEE leerders van die spog Hoërskool La Rochelle in die Paarl is twee dae uitmekaar dood.

Beide Jade Gouws (17) en Zara Malherbe (17), graad 11-leerders by die skool, het na bewering hul eie lewe geneem.

'n Polisiebron het aan Son bevestig dat Zara is Vrydagmiddag dood.

Jade, is Woensdagaand dood aangetref by haar familie-huis in Drakenstein. 

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, 'n polisiewoordvoerder, het hulle 'n nadoodse ondersoek geopen na Jade gevind is.

Leerders van die skool is geskok en in rou gedompel. 

Son verneem dat hulle aangesê is om nie enigsins oor die meisies se skielike heengaan te praat nie. 

zara malherbe
Zara Malherbe

Intussen het die Ags-kerk in Paarl op sy Facebookblad gevra dat die publiek moet intree. 

"Vriende, ek vra julle dringende voorbidding vir ? baie belangrike saak. Twee meisies van Hoërskool La Rochelle in die Paarl het binne 48uur van mekaar, selfmoord gepleeg. 

"Ons is geskok oor die nuus! Ons jongmense beleef geweldige uitdagings en ons moet ag slaan! 

"Kom ons bid vir hulle gesinne, families en vriende, maar ook vir die skool, die onderwysers en die hoof. Ek vra spesifiek dat jy nou sal intree teen hierdie duiwelse aanslag op ons jeug!"

jade gouws
Jade Gouws
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters