2 maande gelede
Meisie betas: Cop loop hof
HARTSEER: ’n Girl (16) is verlede jaar glo deur ’n cop betas.  ~ Foto ter illustrasie: Basil Davids

ROBERTSON. – ’n Cop met ’n hoë rang het gister weer vlugtig in die landdroshof verskyn op ’n klag dat hy ’n meisie (16) seksueel betas het.

Die vermeende voorval het in Februarie 2019 plaasgevind.

Die cop se identiteit word weerhou omdat hy nog nie gepleit het nie.

Gister het die cop heel kalm in die hof voorgekom.

Die kind se mammie het ná die hofverrigtinge aan Son gesê dat haar kind darem al oor die ergste is.

“Sy praat nog so af en toe oor die voorval,” vertel die ma.

Volgens die ma het haar kind die aand van die gebeure saam met vriende by ’n bekende dansplek in die dorp uitgehang.

Gesuip

Die kind het aan haar ma vertel hoe die spulse cop aan haar vagina gegryp en aan haar boude gevat het.

Die cop was glo dik gesuip.

Die ma het kort ná die insident ’n saak by die cop shop gaan maak.

Volgens die ouers is die cop ’n groot disaster vir die plaaslike polisie.

’n Hofganger het gister aan Son gesê dat die cop na ’n ander stasie oorgeplaas moet word, want hy steek Robertson-polisie in die skande.

Son het verlede jaar juis oor dieselfde cop berig toe hy sy familieriem op social media geplaas het.

Die foto was eintlik vir sy girlfriend bedoel, maar toe beland dit op ’n social group.

Die saak is tot 14 Februarie vir die streekhof uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters