7 dae gelede
Medics vind lyk met kopwonde
DUMP-PLEK: Die lyk van ’n onbekende man is op hierdie pad gevind.  ~ Basil Davids

BONNIEVALE. – Die oorskot van ’n onbekende man is Vrydagaand op die Robertson-Bonnievale-pad gevind.

Volgens die Bonnievale-polisie was paramedics in die rigting van Bonnievale op pad toe hulle iemand langs die pad sien lê.

Die paramedics het toe stilgehou en ontdek dat die man skietwonde aan sy kop het.

By nadere ondersoek is vasgestel dat die man reeds dood was.

Die polisie vermoed die man se liggaam is daar gedump nadat sy aanvallers hom doodgeskiet het.

Adres

Son verneem ’n sakkie met pille is in die man se broeksak gevind.

Op die sakkie het die naam “Phillipie” gestaan. Daar was geen adres op nie.

Gister het mense van die omgewing gesê hulle het niks oor die voorval gehoor nie.

’n Antie het nog verbaas aan Son gesê dat mense in dié omgewing mos nie met guns vermoor word nie.

“Ons hoor mos net in die Kaap van sulke goeters wat daar gebeur,” sê die antie.

Die polisie ondersoek ’n moordklag.

Enigeen met inligting oor die voorval kan die cops by 023 616 8060 skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters