2 jaar gelede
Mayor pos mayco-lid vír dienste
BUITE: Conrad Poole, mayor, sê Frances Jacobs is haar mayco-pos kwyt om dienslewering te verbeter. Foto: Facebook  ~ 

IN BELANG van beter dienslewering word Drakenstein se mayco vandag geskommel.

Conrad Poole, die burgemeester, het bevestig Frances Jacobs, ’n raadslid, sal as die mayco-lid vir maatskaplike ontwikkeling met Wendy Philander vervang word.

“Nadat daar mooi gedink is, is ’n besluit geneem wat dienslewering sal verbeter.”

Toe Poole gevra is of dit meen dat Jacobs nie ’n bydrae tot uitnemende dienslewering gelewer het nie, het hy gesê hy staan by sy antwoord.

Odette Cason, die provinsiale kommunikasiebestuurder van die DA, het gesê dit is standaard- prosedure vir ’n burgemeester om hul mayco in belang van beter dienslewering te skommel.”

Uitval

Moutie Richards, die ANC-leier in die raad, het gesê dalk hou die verandering verband met die Patricia de Lille-sage.

“Ons lees maar in die media wat aangaan en hoor deur die grapevine en nou bevestig Son dit.”

Son het Poole ook gevra of dit waar is dat hy en die man van ’n mayco-lid vriende is en onlangs ’n uitval gehad het.

“Ek ontken nie dat ek Frances Jacobs se man op ’n persoonlike vlak ken nie. Ek het nog nooit toegelaat dat persoonlike verhoudings my besluitneming beïnvloed nie.”

Jacobs het teen druktyd nog nie op vrae gereageer nie. Poole sal na verwagting vanmiddag op ’n council meeting die verandering aankondig.

  • Intussen sê die nasionale tesourie die Drakenstein-munisipaliteit se somme klop en het die gesondste geldsake.

Van die 27 munisipaliteite in die land met die grootste begrotings deel Drakenstein die plek as finansieel gesondste met die uMhlathuze-munisipaliteit (Richardsbaai) in KwaZulu-Natal.

Landwyd is Stellenbosch derde en Kaapstad en George 14de.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters