17 dae gelede
Massas neem afskeid van ses
Worcester begrafnis. Photo Melinda Stuurman
Hartseer: Die oorledenes se kiste word na afloop van die kerkdiens die kerk uitgedra.  ~ melinda stuurman

WORCESTER. Die gemeenskap van Hex-Park het in hul massas opgeruk vir die begrafnis van ses familielede wie laas Sondagoggend in ’n brand verkool het.

Daar was Saterdag nie plek vir ’n muis in die local Ou Apostoliese kerk vir die begrafnis van Elizabeth Booysen (46), haar twee dogters Daniella (26) en Jamie-Lee (12), Daniella se twee kinders, Darmain (7) en Jermaine (2), sowel as die een jaar en vyf maandeoue Sunè.

Sunè se mammie, Sunelle (18), het wonderbaarlik die verswelgende vlamme vrygespring, maar kon nie daarin slaag om die ander te red nie.

Die hartseer en smart was duidelik op begrafnisgangers se gesigte te bespeur toe die kinders se wit kissies en die bruin kiste van Elizabeth en Daniella die kerk ingedra was.

Maar so hartseer soos wat die gathering was, wou familie nie hê dat die media die hartseer verrigtinge op kamera vaslê nie.

Son op Sondag se Melinda Stuurman was behoorlik trompop geloop deur ’n vrou wat haarself voorgestel het as die familie se woordvoerder.

Hierdie vrou, Christine Plaatjies, het sover gegaan om Stuurman te forseer om die foto’s van haar kamera te delete en aangevoer dat sy dit op instruksie van die Booysen-familie doen.

Plaatjies is later gekontak, maar haar man wat hom nie geïdentifiseer het nie, het gesê dat sy nie beskikbaar is nie.

Volgens hierdie man, kon hy ook namens die bedroefde gesin praat.

Hy het laat val dat die oorsaak van die brand bekend aan die familie was, maar wou eers sekerheid by die naastebestaandes hê of hy hierdie inligting bekend kon maak.

Toe Son op Sondag hom egter later terugbel, het sy selfoon net gelui en na voicemail toe oorgegaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters