16 dae gelede
Man voor vir handel in ‘guns’
HOF: Marshall Chabide loop tans hof vir ’n moord.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

’N VUURWAPENHANDELAAR verskyn vandag in die landdroshof in Worcester op aanklagte van moord, poging tot moord, bedrog en oortreding van die Vuurwapenwet.

Zinzi Hani van die Valke sê die beskuldigde besit ’n vuurwapenwinkel in Durban. Hy word daarvan aangekla dat hy guns onwettig aan Kaapse gangsters verskaf het.

Nadat die Valke se nasionale buro vir vuurwapenbeheer en prioriteitsgeweldsmisdaad saam met misdaadintelligensie en Durbanse metro cops die saak ondersoek het, is die verdagte in hegtenis geneem.

Die ondersoek het die ondersoekspan na George gelei waar hulle op 17 onwettige vuurwapens in ’n voertuig beslag gelê het. Die vermoede bestaan dat die vuurwapens vir Kaapstad se gangsters bestem was. Hulle het ook op 44 vuurwapens by sy sakeperseel beslag gelê.

  • Abdurahman Rashid (45) van Tanzanië het Vrydag in die Kaapstadse landdroshof ’n stewige boete ontvang vir perlemoenstropery.

Hy is op 11 November 2020 met R2 miljoen se perlemoen in sy besit betrap. Hy het ’n ooreenkoms met die staat aangegaan vir straf en pleit.

Rashid is op vier aanklagte met R12 000 beboet of hy moet ’n jaar gevangenisstraf uitdien. Op die vyfde aanklag is hy met R1 000 beboet of twee maande gevangenisstraf opgelê. Die hof het gelas die vonnisse sal gelyklopend wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters