7 dae gelede
Man verloor arm: Buurman uit op borgtog
Andy Makoma  ~ Foto Verskaf

DIE man wat daarvan aangekla word dat hy sy buurman met 'n kettingsaag in Franschhoek aangeval het, is Vrydag op borgtog vrygelaat.

Elroy Erasmus is in die Paarlse landdroshof borgtog van R1 000 toegestaan.

Hy is verlede maand gearresteer ná 'n aanval op Andy Makoma (37). Die voorval het op Makoma se verjaardag plaasgevind.  

Makoma is voor sy vrou en kinders aangeval en het sy arm verloor.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Erasmus is beveel om by 'n alternatiewe adres in Kraaifontein te bly en nie met enige getuies kontak te maak nie. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters