14 dae gelede
Man vas oor honderde bokse wyn
drank
Die 460 bokse wyn is Saterdag by 'n man se huis in Saagmeule gekry.  ~ Foto Verskaf

DIE polisie van Franschhoek het Saterdagaand 'n man in Saagmeule gearresteer nadat 460 bokse wyn by sy huis gevind is.

Volgens sers. Marize Mentoor, 'n polisiewoordvoerder, het die polisie met die hulp van Paarl se eenheid vir openbare orde die huis deursoek en op 1 835 liter wyn afgekom.

Die 52-jarige man het reeds in die Franschhoek-hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters