Verlede maand
Man se lyk onder bed versteek
 ~ 

DRIE verdagtes is vas vir ’n moord in Hopefield.

Die cops het die perseel deursoek vir onwettige vuurwapens en op die lyk afgekom.

Die man (54) se lyk is Sondagaand onder die bed gevind waar dit weggesteek is.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het die polisie op inligting gereageer van ’n onwettige vuurwapen wat op die betrokke perseel versteek word.

Traut sê: “Die polisie het die huis deursoek en het hulle soektog buite by ’n hok op die perseel voortgesit. Die 54-jarige man se lyk is onder die bed versteek gevind.”

Vermoor

Die drie verdagtes van onderskeidelik 22, 28 en 30 jaar oud is gearresteer en van moord aangekla. Hulle sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die omstandighede en oorsaak van die man se dood moet nog vasgestel word.

Die polisie vermoed die man is ’n dag voor hulle sy lyk ontdek het, vermoor.

Die cops het geen vuurwapen op die perseel gekry nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters