Verlede maand
Man se bene weggevreet
Verskeur: Die man se bene is morsaf gebyt.Foto: Facebook  ~ 

DIE lyk van ’n 62-jarige man is Woensdag in ’n bos agter ’n sokkerveld in Jamestown, Stellenbosch, gevind.

’n Roofdier het die man vermoedelik verskeur. Sy bene is tot bo die knie weggevreet.

Lede van die polisie het die toneel gefynkam. Luiperdspore is na bewering naby die toneel gevind.

Dit gons omtrent in die sosiale media oor die voorval.

Van die inwoners wat daar naby bly, beweer hulle het voorheen ’n luiperd in die omgewing gewaar.

’n Vrou skryf: “Ek bly in die area en die laerskoolkinders het bevestig hulle het die dier ook so twee weke gelede in die wingerde agter die skool opgemerk.”

Nog iemand sê: “Ja, hy loop hier rond. Ek het hom een aand op (die wynlandgoed) Dornier gesien.”

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Hy het gesê lede van die publiek het die lyk gekry.

’n Geregtelike doods­ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters