11 dae gelede
Man mang oor vel van ietermagog
SO 'N VEL: Dis hoe ’n ietermagog lyk.  ~ Foto Verskaf

MALMESBURY. – Die hof het ’n Zimbabwiër gister swaar gestraf vir talle oortredings van die natuurbewaringswetgewing. Benson Ndlovu is ook gestraf oor hy ’n onwettige immigrant is.

Die aanklagte spruit uit ’n lokval wat in Junie vir die beskuldigde gestel is.

Hy is met ’n ietermagog-vel betrap. Die waarde daarvan beloop R94 000.

Immigrasiewet

Ndlovu is aangekla van die jag van ’n bedreigde spesie sonder ’n wettige permit van natuurbewaring en die handel in karkasse van bedreigde wildspesies. Hy is ses jaar tronkstraf (opgeskort vir twee jaar) opgelê op dié klagte.

Vir die oortreding van die Immigrasiewet is hy ’n boete van R1 500 of drie maande tronkstraf opgelê.

Die veediefstaleenheid het die arrestasie uitgevoer.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters