25 dae gelede
Man is vas oor ammo en wapens
SKIETGOED: Die cops het op dié vrag ammunisie, asook wapens beslag gelê.  ~ Foto Verskaf

’N MAN van die woonbuurt Briza in Somerset-Wes, het Vrydag in die plaaslike landdroshof op verskeie aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie verskyn.

’n Lid van die Kaapstadse wetstoepassingseenheid het Jack van der Spuy (67) Dinsdag in hegtenis geneem.

Volgens die stadsraad het die beampte inligting opgevolg en op die wapen-stash en ammunisie afgekom. Die ondersoek is deur die SAPD se misdaadintelligensie-eenheid oorgeneem.

Borg

Onder die vuurwapens waarop beslag gelê is, is 16 gewere en 4 pistole.

Die verdagte is op borg van R5 000 vrygelaat en die hof het gelas dat hy sy paspoort aan die polisie moet oorhandig en dat hy hom weekliks by die polisie moet gaan aanmeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters