’N 40-JARIGE man is in hegtenis geneem nadat die polisie op
’n huis in Montagu toegeslaan en op dwelms en drank beslag gelê het.
Die gesamentlike operasie tussen die Breërivier K9-eenheid,
die Montagu-polisie en lede vir misdaadintelligensie het gister in Bergsig
plaasgevind.
Brig. Novella Potelwa, ’n polisiewoordvoerder, sê hulle het
’n verskeidenheid dwelms gevind, wat Tik en Mandrax-tablette insluit.
“Daar is ook op aansienlike hoeveelhede wyn beslag gelê, ”
sê Potelwa. -EWN