6 dae gelede
Man in hof vir meisie se moord
VASGETREK: n Man het in die hof verksyn op n klag van moord op sy meisie  ~ Foto ter illustrasie: son

DIE staat is van plan om borgtog teen te staan vir die man wie sy meisie na bewering vermoor het, wanneer hy Vrydag om borg aansoek doen in die Paarl-landdroshof.

Sithobele Qebe het Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Dit kom nadat die 27-jarige Siphokazi Booi se liggaam in 'n wheelie bin gesit was voordat dit uitgebrand en verlede Sondag langs die Mbekweni-treinspoor ontdek is. Sy was slegs herkenbaar as vrou aan die verbrande bra.

Die 30-jarige verdagte is gearresteer nadat hy van die polisie probeer vlug het, toe hulle by hom opdaag vir ondervraging.

News24 berig dat die verdagte 'n maand voor die moord vir beweerde aanranding van sy meisie gearresteer is. Die saak is geskeduleer vir 4 Oktober, maar 'n moordklag is nou bygevoeg.

Qebe se borgaansoek is Maandag tot Vrydag uitgestel.

Eric Ntabazalila, 'n woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê die uitstel is vir bevestiging van 'n alternatiewe adres vir die verhoor.

Intussen is inwoners in die gebied woedend en soek nie die verdagte terug in die gemeenskap nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters