2 maande gelede
Man herstel in hospitaal ná Worcester-ontploffing
worcester,ontploffing
'n Petrol tanker het Woensdagoggend vroeg in die Worcester sakekern ontplof.  ~ Verskaf

‘N MAN wat brandwonde in die ontploffing in Worcester opgedoen het, sterk goed aan in die hospitaal.

Bennie Kock (63), die logistiekebestuuurder vir Moreson, is Woensdag in die ontploffing beseer toe hy deur die dorp gery het.

Volgens 'n direkteur van Kock se besigheid, het hy uit die voertuig gekruip nadat die ontploffing dit omgeslaan het.

Nog ‘n ooggetuie sê sy het Kock se hulpkrete gehoor en hom gehelp sodat hy mediese behandeling kan kry.

Kock se vrou, Elmien, sê die dokters moes vasstel hoe ernstig sy wonde is en of hy veloorplanting nodig het. – News24

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters