20 dae gelede
Man doodgelem in ‘styery oor liter wyn’
ondersoek: Die toneel in Robertson waar ’n slagoffer gelem gevind is. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – ’n Onbekende man is na bewering hier doodgelem oor ’n liter wyn.

Die man, moontlik in sy laat twintigs, is verlede Saterdagoggend in die teenwoordigheid van ander mense in Mantlana­straat verskeie kere deur sy aanvaller in die bors gesteek.

’n Inwoner wat verkies om anoniem te bly, sê dat die oorledene in ’n rusie met sy aanvaller was oor ’n liter wyn. Volgens die anonieme persoon het die argument aangegaan en toe trek die aanvaller lem.

Mense op die toneel was egter te bang om te keer oor hulle bevrees was dat die man hulle ook sou steek. Nadat die aanvaller die man gesteek het, het hy hom uit die voete gemaak.

Saamgedrom

AO Sylvester Joseph, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Joseph sê toe die paramedici op die toneel kom, het die victim nog geleef. Hy het later aan sy wonde beswyk.

  • In ’n onverwante voorval is die lyk van ’n onbekende man in die naweek in die Droëheuwel-woonbuurt in Robertson gevind.

Mense wat op die toneel saamgedrom het, sê hulle verneem dat die ou met ’n mes gesteek is.

Die polisie het die toneel afgesper sodat hulle leidrade kon soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters