8 dae gelede
Man dood toe trein teen bakkie bots
trein
'n 48jarige man is op die toneel dood verklaar toe 'n trein teen sy bakkie gebots het  ~ Samuel Walters

'N 48-JARIGE man het Maandagoggend sy lewe verloor toe 'n trein teen sy bakkie gebots het.

Die voorval het omstreeks 06:15 naby Tomis-abattoir, tussen Hermon en Gouda, plaasgevind.

Na wat verneem word was die trein van Worcester na Kaapstad onderweg toe dit teen die swart VW bakkie op die spoorlyn by Koopmanrivierplaas oorgang gebots het.

Die bestuurder van die bakkie is opslag dood.

Prasa en die polisie se ondersoek op die toneel het ure geneem, voordat die bakkie van die spoorlyn verwyder kon word.

Ao. Joseph Swartbooi, 'n polisiewoordvoerder, verduidelik die slagoffer was oppad in die rigting van Gouda toe die ongeluk plaasgevind het.

"Die ongeluk het gebeur toe die bestuurder van die bakkie op die punt was om die spoorlyn oor te steek.

"Die bestuurder is ongelukkig, deur mediese personeel, op die toneel doodverklaar."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters