Verlede maand
Man dood in botsing tussen trokke
'n Man in sy 60's is in 'n ongeluk dood.  ~ foto ter illustrasie

'N MAN is Woensdagmiddag dood toe sy trok van agter deur 'n ander trok gestamp is op die R44 naby Windmeul.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedics het die man in sy 60's op die toneel binne sy voertuig gevind.

Meiring sê gespesialiseerde toerusting moes gebruik word om hom uit sy voertuig te bevry.

Hy is op die toneel ondersoek waar daar bevind is dat hy verskeie beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon het nie.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Meiring sê die plaaslike owerhede wat op die toneel om ondersoek in te stel. - ER24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters