15 dae gelede
Malmesbury-trein loop weer
malmesbury
BEWEGING: Die Malmesbury-trein loop weer vanaf Maandag 16 November. FOTO: Verskaf  ~ 

PENDELAARS wat van Malmesbury af kom, kan na maande se wag weer Maandagoggend trein ry...

Treine sal van Maandag tot Vrydag van 05:25 uit Malmesbury vertrek en ongeveer 07:40 by Kaapstad-stasie aan te kom.

In die middae ry treine 17:30 vanaf Kaapstad-stasie, en behoort 19:49 in Malmesbury te wees.

Treine loop oor die Monte Vista-lyn via Bellville en Kraaifontein en sal stop by Fisantekraal, Melish, Mikpunt, Klipheuwel, Wintervogel, Kalbaskraal en Abbotsdale.

Pendelaars word gevra om 20 minute voor die tyd by die stasies te wees, om aan Covid-regulasies te voldoen.

Streng reëls weens die corona-virus geld steeds en alle treinryers moet maskers hê, anders kan hulle nie op die trein klim nie.

Mense word ook gevra om die regte bedrag geld te hê, sodat hantering met kontant so min moontlik bly.

Treine sal ook gesanitise word as hulle omdraai.

Raymond Maseko, die waarnemende streeksbestuurder van Metrorail in die Wes-Kaap, sê die diens tussen Malmesbury en Kaapstad is baie nodig omdat treine die engiste vervoer is wat massa mense tussen die twee punte kan vervoer.

"Meer en meer mense ry trein noudat meer mense toegelaat word om terug te gaan werk toe."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters