11 dae gelede
Lorrie-ongeluk eis plaaswerker
truck crash
Een vrou is dood en 13 ander is in die ongeluk beseer.  ~ News24

'N VROU is Maandag dood en minstens 13 ander is beseer toe 'n lorrie, wat 37 plaaswerkers vervoer het, tussen De Doorns en Worcester in 'n ongeluk was.

Volgens Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer, het die lorriebestuurder weens swaar reën beheer oor die voertuig verloor. Die ongeluk het om 17:50 by Kannetvlei in die Worcester-streek plaasgevind.

Die beseerdes, waarvan een plaaswerker kritieke beserings opgedoen het, is na die Worcester-hospitaal geneem.

Die ongeluk volg op 'n ander een waarin 'n lorrie, wat ook werkers vervoer het, vroeër dieselfde dag naby Rawsonville in 'n ongeluk was. 

Bakker sê in dié ongeluk is 12 mense beseer en na die hospitaal geneem. Hy sê die ongeluk het op 'n nou pad gebeur.

Die bestuurder het na bewering na die kant van die pad geskuif vir 'n ander voertuig om verby te kom.- News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters