12 dae gelede
Lolsaak: Onnie sal dán hoor
 ~ 

UITSPRAAK in die saak van molestering en verkragting teen ’n Paarlse musiek­onderwyser is uitgestel.

Abrie Wentzel (64) het na bewering ’n minderjarige musiekleerling na sy huis gelok vir spesiale klasse in musiek. Die dade het daar plaasgevind.

Die slagoffer was destyds 16 jaar oud. Wentzel is op 19 Februarie 2017 in hegtenis geneem. Hy het onskuldig gepleit.

Borgtog

Die finale betoog is op 3 Junie 2019 deur Wentzel se prokureur gelewer.

Vonnis is tot Maandag 8 Julie uitgestel deur streeklanddros Raadiyah Wathen om haar uitspraak te gee.

Sy was Maandag egter siek en uitspraak is uitgestel tot Vrydag 19 Julie 2019.

Die verdagte is nog op borgtog.

Wentzel was van 1983 tot 2006 ’n musiekonderwyser by die Laerskool Noord-Eind in die Paarl.

Die seun het ook verlede jaar in die saak teen Wentzel getuig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters