10 dae gelede
Liggaam nr. 3
Natalie JonkersFOTO verskaf  ~ 

DIE vermeende reeksmoordenaar van Wellington, Johan Williams, is gister van ’n derde moord aangekla.

Dis omdat die uitslae van DNS-toetse op beendere wat in Junie opgegrawe is, bevestig het dat dit dié is van sy eks se ma, Natalie Jonkers.

Weggelok

Jonkers het vyf jaar gelede verdwyn.

Williams het haar na bewering nes sy ander slagoffers, Chantelle Matthysen (21) en Maria Isaacs (32), weggelok.

Jonkers se ma, Klara Davids, sê sy het nie geweet van dié uitslae nie en hulle wag steeds vir terugvoer.

Davids het gister by die Wellington-landdroshof aan Son gesê hulle het nog nie weer van die speurder gehoor nadat die toetse gedoen is nie.

Asof ’n derde aanklag van moord nie klaar genoeg is vir die slagoffers se families nie, moes hulle ook hoor Wil­liams soek nou sy vryheid.

Sy prokureur, Sarien Engelbrecht, het aan die hof gesê Williams wil aansoek doen om borgtog.

Engelbrecht sê sy weet ook van die bygevoegde moordsaak.

Sy sê: “Ek was by toe hy aangekla is van die moord.

“Die dossier is ook nou gereed om na die direktoraat van openbare vervolgings­ gestuur te word.”

kom uit! Ontstelde hofgangers soek Johan Williams se bloed.
in sy koutjie: Die cops moes Johan Williams gou terugvat selle toe.Foto’s: peter abrahams
kom kyk: Die hofsaal in Wellington is weer stampvol.

Die saak is tot Maandag 1 Oktober uitgestel vir Wil­liams se aansoek om borgtog.

Buite die hof het die familie­lede van die slagoffers en gemeenskapslede Wil­liams se bloed gesoek.

Isaacs se antie Anna Noqubela het geskreeu: “Jy wil mos famous­ wees! Moenie jou nou wegsteek nie!

“Kom uit op bail, dan wys ons jou wat ons met jou sal maak, jou stuk gemors!”

Nóg ’n familielid het gesê hy moet uitkom sodat hulle hom kan wys hoe maak hulle ‘n p**s van hom.

Williams was egter min gespin en het die skare sy middelvinger gewys.

Toe hy in die polisievên klim, het hy geskree: “Julle almal se ma se p**s!”

Daaroor was ’n vrou so woedend, sy het die vên se agterruit sommer stukkend geslaan.

Die polisie is toe haastig met Williams terug na die Allendale-gevangenis.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters