8 maande gelede
Lid skuldig aan bedrog
'n DA-raadslid is skuldig bevind aan bedrog.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

ROBERTSON. – Die DA-wyksraadslid Niklaas Beginsel is Vrydag in die streekhof aan bedrog en diefstal skuldig bevind.

Beginsel het as bestuurder by ’n supermark gewerk. Sedert 2014 is meer as R1 miljoen se bedrog en diefstal gepleeg. Die saak kom al van 2016 af aan.

Die gemeenskap het destyds gekla Beginsel is onbevoeg om as wykskandidaat te staan, maar hy is tog verkies.

Vrydag het hofgangers die uitspraak verwelkom.

Vonnisoplegging is op 20 Maart.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters