3 maande gelede
Lewe omgedop
wrak: Die kar waarin die drie familielede oorlede is.  ~ 

’N JONG man het gister in die landdroshof in Villiersdorp verskyn nadat sy ma, tante en seuntjie in ’n ongeluk gesterf het.

Die gru-ongeluk het die afgelope naweek gebeur.

Die 33-jarige Riaan Bantom het gister verskyn op klagte van dronkbestuur en strafbare manslag.

Sy ma (70), tante en 11-jarige seuntjie is in die botsing dood. Sy dogtertjie is beseer. Sy was gister­middag nog in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Ligte

Die ma is op die toneel dood, terwyl die seuntjie en tante later in die hospitaal beswyk het.

Bantom en sy vrou het ligte beserings opgedoen.

Hy is van die toneel af na die hospitaal geneem en is daarna in hegtenis geneem.

Die ongeluk het Sondag omstreeks 16:00 naby die plaas Radyn net buite die dorp plaasgevind.

Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die motor verloor en die stuurwiel het gelock.

Die voertuig het in die wingerd op sy dak te lande gekom. Die ma, tante en seuntjie het buite die motor gelê.

Lede van die brandweer was eerste op die toneel.

Die beseerdes is na die Caledon-hospitaal geneem.

Kapt. FC Van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat drie mense in die voorval oorlede is.

Van Wyk het verder bevestig: “Die verdagte het (gister) in die Villiersdorp-landdroshof op aanklag van dronk­bestuur en strafbare manslag verskyn.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters