2 maande gelede
Langeberg-streek ’n sneeuparadys
Pragtig: Die Langeberg-streek is in ’n sneeukombers gehul.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Ysige bibberweer het die Langeberg in ’n wit sneeukombers bedek.

Talle mense van die streek verwelkom die weer en sorg dat hulle warm in hul huise bly.

Samuel Arendse en sy bosslaper-tjommies is nie van dié gelukkiges nie.

Die manne slaap onder plastiekseile.

Boeta Windvogel, een van die bosslapers, sê hulle is al gewoond aan die ysige weerstoestande.

Hy sê: “Dit is maar niks in vergelyking met van die vorige winters wat ons al hier in die bos deurgebring het nie.

Kosvoorraad

“Ons oorleef elke winter.”

Die pêlle het al 10 winters saam agter die rug in die bos.

Arendse verduidelik hul kosvoorraad is genoeg en hulle­ het genoeg plastiekseile waaronder hulle slaap.

Baie mense het gister gestaar na die berg wat met kapok bedek is.

’n Motoris van die Oos-Kaap het aan Son gesê dat hulle nie dié tipe natuurtonele in hul geweste sien nie.

“Dit is ’n pragstuk.

“Ek sal wát wou gee om hier te kom bly,” sê die motoris.

Nog sneeuneerslae word vir die res van die week verwag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters