Verlede maand
Langeberg Mayor oorlede
Die uitvoerende burgemeester van die Langeberg-munisipaliteit, Henry Jansen, wys hy is heel bedrewe met ’n troffel.  ~ 

HULDEBLYKE stroom in vir Henry Jansen, die eerste burger van Langeberg, wie Dinsdagmiddag oorlede is.

Hy is in die Worcester MediClinic oorlede, waar hy op 26 Junie opgeneem en behandel is vir pneumonia.

Jansen, gebore in McGregor, was in sy eerste termyn as Mayor van die munisipaliteit wat insluit Robertson, Bonnievale, Ashton, Montagu en McGregor.

Conrad Poole, mayor van Drakenstein, sê: "Ons gebede gaan uit aan sy familie in die moeilike tyd."

Dr. Elna von Schlicht, mayor van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, voeg by: "Rus in vrede valued kollega."

Speaker van die Kaapse Wynlands-distriksmunisipaliteit, Clara Meyer, skryf ook op Facebook: "Dit was 'n Goddelike voorreg om jou te ken en mee saam te werk. Jy het jou wedloop voltooi, rus sag my vriend." 

Bonginkosi Madikizela, provinsiale leier van die DA, sê in 'n verklaring die party is hartseer oor die nuus van een van sy eie.

Volgens Erika Marais, voorsitter van die DA in die Wes-streek, is dit tragies dat Jansen se termyn voor sy tyd geeindig het. 

Jansen is in 1994 tot die oorgangsverteenwoordigersraad verkies en kort daarna as president van die plaaswerkersvereniging.

Hy is in 2001 as burgemeester van die Breerivier/Wynland-munisipaliteit verkies en in 2006 tot die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, waar hy vyf jaar later as uitvoerende onderburgemeester verkies is.

Na die 2016 munisipale verkiesing is hy tot uitvoerende burgemeester van Langeberg verkies.

Hy het destyds tydens sy toespraak gesê: "Daar is net een manier om die Langeberg vorentoe te neem en dit is om saam te staan.

"Dit was altyd my droom om burgemeester van die streek te word. As plaaskind het ek egter nooit besef dat ek eendag as eerste burger sal staan nie."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters