25 dae gelede
Laities kom af op man se lyk
IS DIT HY? Mense op die toneel het bespiegel dat dit dalk die oorskot van Marius Tobias (54) is wat spoorloos verdwyn het.  ~ Foto Verskaf

ROBERTSON. – ’n Man se erg ontbinde lyk is Woensdagmiddag hier gevind.

Laities van Robertson Proefplaas, enkele kilometer buite die dorp, het op ’n hoë koppie naby die plaas op die ontbinde lyk afgekom.

Die laities het op die koppie gaan stap toe hulle van ’n onaangename reuk bewus raak.

Hulle het toe in die rigting van die stank geloop en op die lyk afgekom.

Hulle het onmiddellik die plaasvoorman ingelig.

Mense op die toneel het bespiegel dit is die oorskot van Marius Tobias (54), wat ’n bietjie meer as ’n week gelede spoorloos verdwyn het. Son het vroeër oor die vermiste Tobias berig.

Die voorman het die polisie gebel. Hulle was vinnig op die toneel.

Paramedics en die cops moes hoog teen die koppie oploop om by die lyk uit te kom.

Hulle het die koppie vir vier ure gefynkam voordat hulle met die lyk na benede gekom het.

’n Paramedic het aan Son gesê die man se oorskot is al erg ontbind.

Volgens die paramedic was die gesig heeltemal onherkenbaar.

Die afgelope week was die polisie steeds besig om na Tobias te soek.

Tobias se ma, Petronella (84), het Sondag gesê sy wil net agter die waarheid kom oor hoe haar seun verdwyn het.

“Indien hy dood is en iemand weet waar sy liggaam lê, kom sê my net, asseblief, sodat ek rus in my siel kan vind.”

Tobias het in die 1980’s aan die Universiteit van Kaapstad onderwys gestudeer.

Bevestig

Kol. John Alexander, stasie­bevelvoerder, het bevestig ’n man se lyk is gevind.

Alexander sê in dié stadium kan daar nie bevestig word of dit wel die oorskot van Tobias is nie.

Hy voeg by ’n outopsie sal uitgevoer word om vas te stel of dit wel Tobias se lyk is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters