17 dae gelede
Laitie (17) rape glo laitie (15)
 ~ 

ASHTON. – ’n Laitie (15) is na bewering hier deur ’n 17-jarige outjie verkrag.

Die misdryf is glo verlede maand in ’n beboste gebied in die dorp gepleeg.

Die voorval het egter nou eers rugbaar geword.

’n Betroubare ingeligte na aan Son sê die victim en verdagte was in die bos saam met maats.

Volgens die ingeligte het die verdagte die 15-jarige outjie verkrag terwyl die ander kinders toegekyk het.

Na bewering het hy die kinders met leed gedreig as hulle enige iemand sou vertel wat hy gedoen het.

Die slagoffer het sy ma eers ’n paar dae ná die voorval vertel wat aan hom gedoen is.

Verskyn

Die verdagte is in hegtenis geneem nadat die ma hom by die polisie verkla het.

Die verdagte het gister hier in die landdroshof in camera verskyn.

AO Sylvester Joseph, ’n polisiewoordvoerder, sê hy is in die sorg van sy ouers vrygelaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters