29 dae gelede
KYK: Top cops by oorlede lid se roudiens
roudiens
Bheki Cele, minister van polisie, omhels familie van David Hoffman.  ~ shantel moses

'N ROUDIENS is Donderdagoggend in die NG Kerk in Franschhoek gehou vir die polisieman wat na bewering deur sy partner in die kop geskiet is.

Sers. David Hoffman van die teen-bende-eenheid is Saterdagaand dood in wat bronne 'n skietongeluk noem.

Die polisie se hoofbestuur, waaronder genl. maj. Andre Lincoln, hoof van die teen-bende-eenheid, lt. genl. Sindile Mfazi, waarnemende Wes-Kaapse polisiehoof asook die minister van polisie, Bheki Cele, was teenwoordig.

Kol. Deon Beneke, hoof van die Stellenbosch-speurtak, waar Hoffman voorheen gewerk het, het ook die diens bygewoon.

Lincoln het gesê daar hang 'n donker wolk oor die eenheid sedert die tragiese nuus gebreek het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters