Verlede maand
KYK: Skool ’soos in apartheid’
hoekom? ’n Pa is agterdogtig daaroor dat sy kind se aansoek om toelating tot die Hoërskool Swartland afgekeur is.Foto’s: Melinda Stuurman  ~ 

MALMESBURY. – ’n Ouer­ voel ’n topskool hier het teen sy kind gediskrimineer.

Hy meen die skool het sy kind plek geweier vir volgende jaar net oor sy nie wit genoeg is nie.

Die ouer se naam mag nie genoem word nie oor hy en sy gesin onder getuiebeskerming is.

Hy voer ’n stryd teen die Hoërskool Swartland oor die skool se toelatingsbeleid.

By Swartland moet ’n kind omtrent ’n uitblinker op alle vlakke wees – akademie, sport en kultuur.

Dié topskool maak seker hy skryf net die beste gr. 8’ies in.

Die pa van Kalbaskraal hier het Son genader oor hy ontevrede is daaroor dat sy dogter (12) se aansoek om toelating afgekeur is.

Die pa sê hy het hy al aan die begin van Februarie aansoek gedoen, nog voordat ander ouers aansoek gedoen het.

Hy sê hulle was vroeg genoeg om ander aansoeke voor te spring.

Maar laas maand is hulle die teleurstellende nuus meegedeel dat hulle dogter se aansoek afgekeur is.

Die pa het toe geappelleer en ’n vergadering met die skoolhoof, Justus Schoonraad, gehou.

Hy vertel: “Toe ek by die skool kom, het ek die sekretaresse gevra hoekom my kind nie aanvaar is nie.

“Sy wou nie sê nie. Sy was ook baie arrogant teenoor my.

“Sy vra my toe hoekom my kind nie by Schoonspruit of Wesbank skool kan gaan nie. Ek sê toe my kind mag nie daar skoolgaan nie oor sy uit die voedingskool van Swartland kom.

“Sy was glad nie beïndruk toe ek dít aan haar gestel het nie.

“Volgens haar moet ons kinders by gewone skole inskryf, want dís waar hulle hoort.”

Die pa sê al het hy geappelleer teen die skool se beslissing, het hy nie baie hoop dat sy kind geplaas sal word nie.

Sy dogter is wel intussen op ’n waglys geplaas.

Hy sê: “Ons moes ons kind by ’n privaat skool inskryf, waar die skoolgeld R70 000 is.

Sekretaresse

“Ek gee nie om nie; ek sal dit betaal. Ek wil in elk geval nie meer hê my kind moet in ’n skool wees waar daar nog ’n apartheidsmentaliteit is nie.”

Schoonraad kon ook nie aan Son sê spesifiek hoekom die meisie se aansoek om toelating afgekeur is nie.

Hy sê hulle volg die toelatingsbeleid van die Suid-Afrikaanse Skolewet wat die plasing van kinders betref.

Schoonraad verduidelik: “Ons fokus is op fisiese wetenskap, wiskunde, tegnologie en sport.

“Ons beheerliggaam is in beheer van aansoeke.

“Hulle kyk na hoe sterk die kind akademies en in sport is.

“Benewens dié vereistes, kry die kinders wat na aan die skool woon ook voorkeur.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters