17 dae gelede
KYK: Man kla cop vinger hom
te skaam: Die 18-jarige wil ná die voorval nie sy voete by hulle huis se deur uitsit nie. Foto’s ter illustrasie: MELINDA STUURMAN  ~ 

’N JONG MAN (18) van Wellington is ’n bespotting in sy gemeenskap nadat ’n cop glo met sy vinger in sy agterstewe gekrap het.

Die cop het hom deursoek en na bewering sy broek op straat afgetrek. Hy het glo daarna die jong man in die openbaar bevoel en sy vinger in sy agterstewe opgedruk.

Saak

Die cop het na bewering daarna sy mond oopgerek en sy vuil vinger waarmee hy in die jong man se alie gekrap het, in die ou se mond gedruk.

Die voorval het meer as twee weke gelede in Dreydenstraat gebeur.

Intussen is ’n saak van seksuele aanranding aanhangig gemaak.

Volgens die man spot die mense hom op straat. Hy is nou te skaam om sy kop by hulle huis uit te sit.

Hy vertel: “Ek het vis by die mense oorkant die pad gaan koop. Daar was nie vis nie.

“Toe ek oor die hek klim, het die cops om die draai gekom. Hulle het by my gestop.

“Die cops het uitgespring en my hardhandig teen die vên vasgedruk.

“Hulle het drugs by my gesoek. Een het my broek afgetrek en sy vinger in my hol opgedruk.

“Toe druk hy weer daai vuil vinger in my mond.”

Die seun se omgekrapte pleegma sê: “Hulle het my kind se vel van sy gesig afgetrek en hom in die openbaar verneder.

“Dit is nie die eerste keer nie. Ek het al gesien hoe hulle hom klap ná hulle hom uitgeskud het.

“Hy gebruik nie eens drugs nie, maar hulle target hom gedurig.”

Volgens Enrico Pretorius (39), wat ook in die straat woon, het die voorval voor sy huis gebeur.

Hy sê: “Ek het gesien hoe die cops die seun verneder.

Voorbeeld

“Dit is ’n ou gewoonte van die cops om die mense aan te rand en soos honde te behandel.

“Hulle gebruik ook kru taal. Een van die cops het vir die seun gesê hy gaan sien hoe hy in die tronk gen*** gaan word en daar gaan van hom ’n voorbeeld gemaak word.”

Volgens die kind se pleegma het sy die voorval onder die stasiekommissaris by Wellington-polisiestasie se aandag gebring en word die saak ondersoek.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê dat die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) die voorval ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters