3 maande gelede
Krag teen middagete herstel
brand,paarl,kragstasie
Dele van Paarl het geen elektrisiteit gehad nie, na 'n brand by een van die substasies in die omgewing.  ~ Drakenstein-munisipaliteit

KRAG in dele van die Paarl sal teen middagete herstel wees.

Die Drakenstein-munisipaliteit sê hul tegnici werk none stop om die skade te herstel, wat veroorsaak is deur ‘n brand Sondagmiddag by die Dal-Wes elektriese substasie in die Paarl.

Volgens ‘n verklaring van die munisipaliteit is alle aanduidings dat die skade erger is as aanvanklik aangeneem is.

“Daar is reeds ‘n tydelike struktuur opgerig en alternatiewe maatreëls word in plek gesit.”

Areas wat steeds deur sonder krag is sluit in wyke 16, 17 en 19 wat die Noorder-Paarl en industriële-omgewing is.

Son verneem baie van hierdie areas se krag is laat gisteraand reeds herstel.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters