2 maande gelede
Koue sel vir lid ná ’n lekker kuiertjie
Nonzame Phatsoane  ~ Verskaf

CERES. – ’n Raadslid van die Witzenberg-munisipaliteit het Dinsdagaand weens dronk­bestuur in die koue selletjies geslaap.

’n Verkeersbeampte het Nonzame Phatsoane (45), ’n ANC-raadslid, in Voortrekkerstraat voorgekeer omdat sy na bewering dronk bestuur het.

Sy het na verneem word van die woonbuurt Nduli gekom waar sy gekuier het.

Die voorval het omstreeks 18:10 gebeur en sy is op die toneel gearresteer.

Alleen

Sy het dié aand in die tronkselle deurgebring.

Phatsoane was alleen in die motor en na verneem word op pad na haar huis.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê: “Verkeersbeamptes het Dinsdagaand ’n 45-jarige vrou wat onder die invloed van alkohol bestuur het, gearresteer. Sy sal eersdaags in die plaaslike landdroshof verskyn.”

Phatsoane is van dronk­bestuur aangekla.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters