21 dae gelede
Kortsluiting eis twee broers se lewe
bronwin merrang  ~ 

ATLANTIS. – Die Marang-familie van Avondale is in rou gedompel nadat ’n kort­sluiting vermoedelik die huis laat brand en twee broers gevat het.

Volgens Nicholas Marang (64), die pa van dié twee en ’n kanker-oorwinnaar, het hy Saterdag saam met sy vrou aan die Cansa Relay For Life in Mamre gaan deelneem.

Dit was in dié tyd dat die tragedie gebeur het.

Hy vertel sy seuns het reeds geslaap nadat hulle nagskof gewerk het toe die brand ontstaan het.

Rookinaseming

“Ons het Saterdag so 20:00 ’n oproep van ’n buurvrou ontvang met die nuus dat die huis brand,” vertel hy.

Hy sê met hulle aankoms was die oudste seun, Bronwin Marang (38), reeds deur mediese personeel dood verklaar weens rookinaseming. Enrico Marang (28) is na die hospitaal geneem, maar het Sondag ook weens rookinaseming gesterf.

Dis onduidelik hoe die brand ontstaan het, maar Marang verduidelik dat die brandweerinspekteur gesê het die brand het by die elektriese verspreidingsbord begin. Die huis het erge skade opgedoen en die familie het byna alles verloor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters