19 dae gelede
Kookwater-pa vrees wraak
TOE: Soos ’n mummie was die arme Titus Swarts toegedraai kort ná die kookwater-aanval.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – ’n Gebroke hart is sigbaar in die oë van die daddy wat deur sy eie seun lelik met kookwater verbrand is.

Titus Swarts (56) vat dit maar bitter moeilik om met sy lewe aan te gaan nadat sy “drug-klong” hom verlede maand met ’n pot kookwater waarin hy aartappels gekook het, in die gesig gegooi het.

Dit het gekom net toe Swarts sy 26-jarige klong, Marco Strydom, gevra het om vir hom ’n werkie te gaan soek, want hy sal nie só deur die lewe kan gaan nie.

Marco het hom toe vervies en die pot van die stoof af gehaal en dit in sy pa se gesig gegooi.

“Vandag voel ek steeds hatig teenoor Marco,” sê Swarts.

Volgens hom moet hy nou saans tot ná middernag buite by ’n vriend sit voordat hy in daai huis kan gaan.

“Ek is so bang dat hy my weer kan aanval, want die dag toe die polisie hom kom toesluit het, het hy gesê dat hy my sal kom vrek steek,” vertel Titus bewerig.

Volgens Titus het hy ’n interdik teen sy klong uitgeneem.

“Ek weet nie hoekom hy nog hier by die huis kom nie,” sê Titus onseker.

’n Polisieman wat in daai stadium in die omgewing gepatrolleer en stilgehou het, het aan Titus verduidelik wat hom in so ’n situasie te doen staan.

SO LYK HY NOU: Dis hoe Titus Swarts nou lyk ná die ordeal met die kookwater.

Volgens die cop moet Titus die polisie onmiddellik in kennis stel wanneer sy seun weer buite orde raak en hulle sal hom kom arresteer.

Marco het deur die venster geloer toe Son met hom wou praat.

Toe Son later teruggaan, het hy die hekkie met spykers toegeslaan dat Son geen toegang tot die erf kon verkry nie.

Weier

Titus sê Marco kan hom nie in die gesig kyk nie en vra dat sy pa die saak terugtrek.

“Ek weier volstrek. Hy moet maar tronk toe gaan vir wat hy aan my gedoen het,” hou Titus vol.

  • Die saak word vandag in die plaaslike landdroshof hervat.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters