27 dae gelede
Klong kry life ná hy oues rape
MANG TOE: Hennury Cloete het twee keer life gekry vir die verkragting van twee weerlose mans in hul 60’s.  ~ Foto ter illustrasie: son

DIE Robertson-streekhof het ’n rapist twee vonnisse van lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van twee mans in hul 60’s.

Hennury Cloete (22) is skuldig bevind aan drie klagte van verkragting, twee van huisbraak met die doel om te verkrag, aanranding en verset teen inhegtenisneming.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die aanklaer, Tertius van der Merwe, het die hof vertel hoe Cloete twee keer by ’n 60-jarige verstandelik gestremde man se huis ingebreek en hom verkrag het.

Uitken

Die voorvalle het op 8 April 2015 en 11 November 2016 in Suurbraak gebeur.

Die slagoffer het alleen gewoon en het geen elektrisiteit in sy huis gehad nie.

Ná die eerste voorval kon die slagoffer Cloete nie identifiseer nie. Hy kon hom wel ná die tweede voorval uitken.

Ntabazalila sê die staat het die departement van maatskaplike ontwikkeling gevra om die slagoffer te beskerm en versorg oor sy ouderdom en verstandelike kwesbaarheid.

Cloete het nog ’n man (62) in Augustus 2018 in die buurdorp Barrydale verkrag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters