Verlede maand
Klomp werkers op lorrie pla
VOLGENS WET: Plaaswerkers se vervoer is volgens die riglyn.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Tot kort voordat die Covid-19-pandemie uitgebreek het, het baie boere hulle werkers soggens in hordes agterop lorries na die landerye vervoer.

Onlangs het bekommerde inwoners Son gebel oor dié kommerwekkende tendens.

Een inbeller het gesê daar is skaars plek vir ’n muis agterop die lorries.

’n Bekommerde taxi-eienaar, Peter Wentzel, het ook by Son gekla oor die gevare.

Wentzel sê: “Ons as taxi-eienaars moet toesien dat slegs ’n sekere getal passasiers vervoer word.”

Volgens Wentzel moes hy ook regulasies rondom sanitasie in plek sit en die driver ’n masker laat dra.

Wentzel wil weet of daar sulke sanitasiemaatreëls vir die plaaswerkers.

’n Plaaswerker, Lukie Demas, sê hy weet nie wanneer Covid-19 uitgebreek het nie.

Handjievol

“Ons almal het maar nog elke oggend soos gewoonlik agter op die lorrie geklim.

“Maar een oggend is aan ons gesê daar kan nou net ’n handjievol mense na die plase vervoer word.”

Lucinda Braaf, ’n plaaswerker, sê hulle staan nou nie meer styf teen mekaar op die lorries nie.

“Ons word weg van mekaar gesit. Elkeen dra ’n masker en ons hande word skoongespuit voor ons lorrie klim.”

Lionel Hendriks, sê hulle vervoer nie meer as 24 mense agterop die lorries nie.

“Ál die mense dra maskers en hulle hande word gesanitise voor hulle klim.”

Hendriks sê hulle werk saam met die polisie en alle maatreëls is 100% in plek.

Volgens Hendriks het geen plaaswerker nog simptome getoon nie.

Hendriks sê die situasie word deeglik dopgehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters