2 maande gelede
Kind voor vir dokter se moord
Dr. Roelf BothaFOTO VERSKAF  ~ 

’N MEISIE van 13 jaar oud het Donderdag alleen in die Tulbagh-hof verskyn vir die moord op ’n plaaslike dokter.

Nóg drie mense is vir die moord aangekla, maar hulle sal later verskyn.

Die dokter, Roelf Botha (59), was ’n bekende geneesheer in die dorp en is op 1 Junie omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-plaaspad vermoor.

Hy is met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Donderdag het slegs die minderjarige meisie verskyn wat saam met die ander drie verdagtes verdink word van die grumoord. Die ander beskuldiges is Andrew Gouws, Justin Adonis en Aiden Abels.

Die hofsaak is uitgestel tot Maandag 20 Julie, wanneer ál vier saam sal verskyn.

Die Tulbagh-speurtak ondersoek die saak. Die drie volwassenes bly in hegtenis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters