9 dae gelede
Kind (3) se lykie in kar gevind
newton,kind
Die toneel by die woning word met polisielint afgesper. FOTO: Shafiek Mouton  ~ 

INWONERS van Newton in Wellington het Dinsdagoggend met die skoknuus wakker geword dat die liggaampie van 'n vermiste driejarige in 'n stukkende motor agter in die jaart by 'n huis gekry is.

Die seuntjie, Diego Booysen, en 'n maatjie, Alexa Koopman, is Maandag as vermis aangemeld. Die meisie, ook drie jaar oud, is ongedeerd.

'n Polisiebron het aan Son bevestig dat die meisie by die lyk van die seuntjie gevind is.

Die bron bevestig ook dat 'n volwasse man Dinsdagoggend vir ondervraging ingeneem is.

Tientalle polisiemanne was op die toneel terwyl omstanders onderlangs gegons het oor wie vir die gru-daad verantwoordelik kan wees.

Intussen het Son verneem dat die voorlopige nadoodse-ondersoek toon Diego het verkluim. Hierdie kon nog nie bevestig word nie.

kind
Omstanders het onderlangs gegons oor wie vir die gru-daad verantwoordelik kan wees. FOTO: Shafiek Mouton
  • Hierdie is 'n ontwikkelende storie...
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters