19 dae gelede
‘Killer’ wil nie meer bail hê nie
Diaan Swartz  ~ 

DIE jong man van Stellenbosch wat na bewering sy meisie doodgeslaan het, wil nie meer borgtog hê nie.

Diaan Swartz (21) het Vrydag sy tweede verskyning in die Stellenbosse landdroshof gemaak. Die staat voer aan hy het Clarissa Lindoor (27) aangerand en met ’n stomp voorwerp gesteek.

Lindoor se lewelose liggaam is skoon in die bed aangetref, hoewel al die meubels en die mure bloedbevlek was. Die jaart van die plaashuis op Nietvoorbij was ook vol bloed.

Ingelig

Daar word vermoed dat Swartz vir Lindoor gewas en vir haar ander klere aangetrek het nadat sy doodgeslaan is.

Die couple het ’n tweejarige seun uit hulle vier jaar lange verhouding.

Die hof is Vrydag ingelig van Swartz se nuwe besluit.

Die staat het gevra vir ’n uitstel, want die ondersoek is nog nie afgehandel nie. Lindoor is Saterdag begrawe.

Die saak is op 30 Oktober weer in die hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters