3 maande gelede
‘Killer’ try bes om nie te verskyn
min tyd: Johan Williams by ’n vorige hofverskyning. Foto: peter abrahams  ~ 

DIE vermeende Wellingtonse serial killer was Vrydag vol versoeke toe hy moes verskyn.

Johan Williams wou eers glad nie verskyn nie, en het toe gevra dat ’n ander ondersoekbeampte aangestel word.

Sy prokureur, Sarien Engelbrecht, het hom Vrydag talle kere gesoebat om te verskyn.

Williams het uiteindelik verskyn op drie klagte van moord en twee van verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Afgejak

Die staat het bekend gemaak dat die direktoraat van openbare vervolging (DOV) nog wag op die DNS-uitslae vir die Vredenburg- en Tulbagh-saak waarmee Williams glo verbind kan word. Die DOV wag ook nog op die selfoon-data- en -mapping-uitslae.

Toe Engelbrecht Williams se versoek aan die hof stel, het die landdros haar afgejak en ingelig dat dit nie in haar jurisdiksie is om sulke besluite te neem nie.

Die saak is tot 1 Maart uitgestel vir nader ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters