2 maande gelede
'Killer' pak uit
Chantell MatthysenFoto’sverskaf  ~ 

‘reeksmoordenaar’: John Williams by die Wellington-landdroshof. Foto: peter abrahams
Chantell MatthysenFoto’sverskaf
Maria Isaacs
Natalie Jonkers
Wag angstig: Rubin Jonkers, Natalie se man, en haar ma, Klara Davids, wag op die uitslae van die DNS-toetse.

DIE vermeende Wellington-reeksmoordenaar, Johan Williams, erken dat hy Natalie Jonkers, Maria Isaacs én Chantell Matthysen vermoor het.

Hy beweer egter sy girlfriend het dit in sy kop geprint om dit te doen om aan haar te wys hoe lief hy haar het.

Son het vandeesweek ek­s­klusief met Williams gaan praat in die Allandale-gevangenis, waar hy tans verhoorafwagtend is.

Williams word aangekla van die moorde op Isaacs en Matthysen, maar nog nie vir dié op Jonkers nie.

Die staat wag nog op die DNS-uitslae van Jonkers om te bevestig of dit wel haar beendere is wat hulle opgegrawe het. Sy is reeds ses jaar missing.

Williams het onlangs self aan die polisie gaan uitwys waar hy haar liggaam begrawe het langs die Lady Loch-pad in Wellington.

Hy vertel aan Son sy girlfriend was saam met hom die dag toe hy haar ma, Jonkers, vermoor het.

“Die mense daar buite ken nie die waarheid nie,” vertel Williams.

“Die goed wat in die koerante staan, is alles leuens.

“Hulle weet nie wat tot die moorde gelei het nie.

“My meisie het vir my gesê ek móét dit doen om my liefde aan haar te bewys.”

Williams sê hy wil graag sy kant vertel sodat die mense daar buite die waarheid kan weet.

Hy sê: “Ek het nie die goed uit my eie gedoen nie.

Gedreig

“Die mense wat my dit laat doen het, loop nou lekker vry daar buite rond.

“My lewe is in gevaar hier binne, sowel as my familie se lewe buite.

“Die mense het gedreig hulle sal tot by die tronk kom om my dood te maak.”

Williams het later aan Son gesê hy het ál drie die vroue doodgemaak.

Hy het toe aangedring op R15 000 – R5 000 per moord – voordat hy beskryf hoe hy elkeen vermoor het.

Hy het ook vir ’n gros sigarette en KFC gevra.

Volgens ’n ingeligte hét die polisie die girlfriend se selfoon gekonfiskeer, maar is sy nie ’n verdagte nie.

Die girlfriend se ouma Klara Davids het vroeër aan Son gesê Williams het Jonkers vermoor omdat sy nie wou hê dat hy ’n verhouding met haar tienerdogter moet aanknoop nie.

Hy het glad só ver gegaan om Davids en Jonkers se huis aan die brand te steek omdat hy ’n obsessie met haar dogter gehad het.

Volgens die ingeligte het die girlfriend aan die polisie gesê sy was ten tyde van die moord op haar ma in Mitchells Plain.

Sy het ook glad nie geweet van Isaacs en Matthysen se dood nie, aangesien sy in dié tyd van Wil­liams weggehardloop het.

Williams moet op 11 September weer in die Wellington-landdroshof verskyn.


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters