4 maande gelede
Kierangs braai oor 2 vuriges
Moordenaar: Reginald Bezuidenhout mang nou vir die moord op klein Elrique Minnaar.  ~ 

REGINALD Bezuidenhout is die afgelope week tot 25 jaar gevonnis nadat twee wakker cops die saak nie net daar gelaat het nie.

Sers. Revah Readien en konst. Johan Saayman het vermoed El­rique Minnaar is vermoor en het verder ondersoek ingestel.

Hulle is onlangs geprys vir hulle dedication om ’n gevaar­like misdadiger uit die gemeenskap te verwyder.

Genl.maj. Mpumelelo Manci, waarnemende Wes-Kaapse polisiekommissaris, sê dié vonnis wys hoe belangrik die ondersoek van misdade teen vroue en kinders vir die cops is.

Breindood

Readien en Saayman het by die saak betrokke geraak nadat die Worcester-hospitaal die polisie gekontak het.

Die hospitaal het die polisie in kennis gestel van ’n 18 maande oue babaseun wat breindood verklaar is nadat hy na bewering uit die bed geval het.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het ’n voorlopige ondersoek aan die lig gebring dat die baba sigbare kopbeserings gehad het.

Hy het dit opgedoen toe hy aangerand is.

Die kind is later by die hospitaal dood verklaar.

Bou

“Die twee ­beamptes het die saak begin ondersoek omdat hulle vermoed het die baba is vermoor.

“Danksy die getuienis wat die twee gehad het, kon hulle ’n sterk saak teen die oortreder bou.”

Drie dae nadat die voorval aangemeld is, is die 36-jarige Bezuidenhout in hegtenis geneem. Hy is binne 10 maande skuldig bevind en gevonnis.

André le Grange, ’n regter in die Kaapse hoog­geregshof, het gesê as dié twee speurders nie so spoedig aan die werk gespring het nie, sou dié saak net nog een van die hordes onopgeloste moordsake geword het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters