2 maande gelede
Kerkhek kry voete
Met: Die hek pryk hier nog voor die konsistorie se deur.  ~ Verskaf

ROBERTSON. – Nie eens die veiligheidshek van die kerk is meer veilig nie.

’n Plek van aanbidding blyk nou ’n easy target vir diewe te wees nadat die veiligheidshek van die plaaslike Anglikaanse Kerk voete gekry het.

Inwoners vermoed dis die werk van tikkoppe.

Philmon Joseph, ’n lidmaat, sê hy het intussen by die local scrapyards gaan kyk of die hek dalk daar verkwansel is.

Tronkstraf

Volgens hom het die skrootwerfeienaars hom die versekering gegee hulle sal hom bel as iemand hul hek-luck daar kom try.

Son het ’n paar jaar gelede ook berig oor ’n kerkklok van die VGK-gemeente Robertson-Oos wat gesteel is.

Die klokdiewe is later vasgetrek en het tronkstraf van twee jaar uitgedien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters