3 maande gelede
Kaptein voor vir bedrog
 ~ 

BUSISIWE Linda Dyani (44), ’n polisiekaptein by die Mfuleni-polisie, en ’n mede-beskuldigde, Makhenke Sokoyi, het Donderdag in die Stellenbosch-landdroshof op aanklag van bedrog en vervalsing verskyn.

Die saak hou verband met die aankoop van ’n Musgrave-jaggeweer. Dyani het na bewering ’n vervalste vuurwapenlisensie by ’n gun shop aangebied toe sy die vuurwapen gaan koop het.

Onraad

Volgens kapt. Philani Nkwalase van die Valke het die handelaar glo vermoed dat iets nie reg is met die lisensie nie. Dit was glo aan ’n security-maatskappy uitgereik.

Die vuurwapen is reeds op 9 April gekoop en sy en Sokoyi het dit Maandag gaan optel. Die eienaar van die gunshop het onraad vermoed en die polisie ingeroep.

Dyani is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak teen Sokoyi is tot 16 April uitgestel vir ’n borgtogaansoek.

Opgevolg

In ’n ander saak wat nie verband met die bogenoemde saak hou nie, is Stanton Reginald Gallant (20), ’n vermeende bendelid van Elsies­rivier, vyf jaar gevangenisstraf opgelê vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Hy is op 18 November 2018 gearresteer toe cops inligting opgevolg en Gallant met die vuurwapen betrap het.

Volgens kapt. Nkwalase het forensiese toetse bewys dat die vuurwapen in ’n saak van poging tot moord gebruik is.

Ander verdagtes is ook vir hierdie saak gearresteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters