2 maande gelede
Jonges teister blinde antie
nie reg nie: Theresa Wewers (53) is bly die kinders se geteister is darem nou verby.Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – ’n Blinde vrou meen sy’s baie happy dat die kinders ná die vakansie terug skool toe is.

Theresa Wewers (53) beweer sy’s die afgelope vakansietyd deur hel onder wat sy noem “goddelose kinders” wat haar glo met klippe bestook het.

Wewers is ’n besigheidsvrou wat elke dag van haar lewe mandjies vleg om ’n bestaan te maak.

Volgens Wewers het sy die polisie al laat kom om kinders aan te spreek.

“Dit is dan net ’n kort tydjie, dan begin hulle weer met hulle nonsies,” vertel sy.

Sy voeg by sy was even te bang om buite op haar voorstoepie te sit oor die spottery wat sy moet verduur.

Volgens Wewers het sy haar kinders na die betrokke kinders­ se ouers gestuur dat hulle hulle kinders moet probeer aanspreek­.

Son het by van die ouers in die pad gaan luister waarom hul kinders dan klippe na Wewers gooi.

Die ouers ontken alles en sê dat die kinders maar onder mekaar speel en klippe na mekaar gooi en dit is glad nie op Wewers gemik nie.

Een ouer sê wel hulle het die kinders vermaan, maar “ ’n kind bly maar net ’n kind”.

Gister het Wewers gesê: “Vandag is als weer rustig met die spanne in die skool.

“Ek’s só bly dat die skool wee r begin het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters